Bibliographie complète 5 067 ressources
-
-
-
-
Die doel van hierdie proefskrif was om bestaande prohleme in verband met maatskappyregtelike skikkings te ondersoek, in die lig daarvan dat die prosedure berug is as n wyse om misdadige bedrywighede rondom die ineenstorting van n maatskappy te verberg. Die ondersoek is hoofsaaklik beperk tot skikkings, hoewel skikkings en reelings deur dieselfde bepalings van die Wet gereguleer word. Die geskiedkundige ontwikkeling van artikels 311 en 312 is vanaf hul ontstaan in die Engelse wetgewing nagegaan. Die begrippe "skikking" en "reeling" is ontleed en die praktiese gebruike daarvan nagegaan. l Ons howe beskou n goedgekeurde maatskappyregtelike skikking as n kontrak; dit voldoen egter nie aan die vereistes vir n kontrakregtelike skikking nie. Die tersaaklike kontraktuele aspekte is derhalwe nagegaan. Aan die hand van regspraak en n aantal goedgekeurde skikkings, is die inhoud van n skikkingsaanbod ontleed. Die toepaslike prosedure en formaliteite is sorgvuldig nagegaan, in die lig daarvan dat die Wet eerder hierop klem 1~ as op die inhoud van die skikking. Besondere aandag is aan die grondslag vir indeling van skuldeisers en lede in verskillende klasse gegee. Statutere regulering van die skikkingprosedure eindig nadat die skikking van krag geword het. Die verdere verloop vind in ooreenstemming met die bepalings van die skikking plaas. Uitvoering hiervan word deur n sogenaamde ontvanger namens skuldeisers waargeneem, n amp wat nog nie statutere erkenning geniet nie, maar wat in die praktyk duidelik uitgekristalliseer het. Aan die hand van regspraak is sy amp verder nagegaan en is daar aanbeveel dat, net soos in Australie, sy amp statuter erken en gereel behoort te word. Daar is gelet op misbruik van die skikking- en reelingskemaprosedure, sowel as op die behoefte aan beter beskerming van skuldeisers en lede. Daar is aanbeveel dat waar n maatskappy in likwidasie of onder ,geregtelike bestuur is, skikkings uit die artikel 311-prosedure gelig behoort te word en in ooreenstemming met die akkoordprosedure by insolvensie gebring te word, met die verskil dat likwidasie of geregtelike bestuur onmiddellik by bekragtiging van n skikking opgehef kan word. Yoldoende tyd vir behoorlike ondersoek van n maatskappy se sake behoort toegelaat te word alvorens n skikking oorweeg kan word en meer omvattende inligting behoort aan skuldeisers en lede verskaf te word. Die howe behoort in die uitoefening van hul diskresie deur n deskundige bygestaan te word wat oor die ekonomiese aspekte van n skema verslag doen.
Explorer
Thématiques
- Droit des assurances (583)
- Arbitrage, médiation, conciliation (330)
- Droit financier, économique, bancaire (319)
- Droit commercial, droit des affaires (268)
- Droit maritime (265)
- Droit des sociétés commerciales (243)
- Propriété intellectuelle, industrielle (190)
- Droit des transports et logistique (182)
- Droit communautaire, harmonisation, intégration (180)
- Droit civil (157)
- Commerce international (110)
- Procédures collectives (107)
- Droit des investissements (101)
- Droit du travail & sécurité sociale (96)
- Droit pénal - Droit pénal des affaires (80)
- Responsabilité sociétale des entreprises (75)
- Droit des sûretés (74)
- Droit processuel (71)
- Droit de la concurrence (68)
- Procédures simplifiées de recouvrement & voies d'exécution (64)
Thèses et Mémoires
- Thèses de doctorat (1 734)
- Mémoires (Master/Maitrise) (1 170)
Type de ressource
- Acte juridique (3)
- Article de colloque (19)
- Article de revue (1 328)
- Chapitre de livre (55)
- Enregistrement vidéo (17)
- Livre (162)
- Norme (6)
- Prépublication (23)
- Présentation (5)
- Rapport (23)
- Thèse (3 426)
Année de publication
-
Entre 1900 et 1999
(607)
- Entre 1960 et 1969 (2)
- Entre 1970 et 1979 (77)
- Entre 1980 et 1989 (262)
- Entre 1990 et 1999 (266)
-
Entre 2000 et 2025
(4 460)
- Entre 2000 et 2009 (568)
- Entre 2010 et 2019 (2 252)
- Entre 2020 et 2025 (1 640)
Langue de la ressource
Ressource en ligne
- oui (5 067)