Omskrywing en funksies van die fisiese beheerelement in die sakereg
Type de ressource
Auteurs/contributeurs
- Van Oosten, Hendrina (Auteur)
- Van der Walt, A. J. (Collaborateur)
Titre
Omskrywing en funksies van die fisiese beheerelement in die sakereg
Résumé
In hierdie ondersoek is daar navorsing gedoen oor die aard en rol van fisiese beheer
in die sakereg met die oog daarop om dit te omskryf en die funksies daarvan te
identifiseer.
By die verkryging van eiendomsreg word net vereis dat die fisiese beheer wat ten
aansien van die saak uitgeoefen word, effektief moet wees. Of 'n saak effektief beheer
word al dan nie, word aan die hand van die heersende verkeersopvattings getoets.
Hierdie verkeersmaatstawwe wat in die praktyk ten aansien van bepaalde soorte sake
uitgekristalliseer het, is buigsaam en veranderlik en dit maak dit moontlik dat die reg
by maatskaplike en ekonomiese veranderinge aanpas. Die funksie van fisiese beheer
in gevalle van verkryging is altyd publisiteit. In die geval van die beskerming van
eiendomsreg word fisiese beheer besonder breed omskryf en daar word slegs verwag
dat die persoon van wie die saak teruggeeis word, genoegsame beheer daaroor moet
he om dit te kan teruggee. Die funksie van beheer is hier suiwer funksioneel. By die
verlies van eiendomsreg speel fisiese beheer nie juis 'n besondere rol nie aangesien
die verlies van beheer nie noodwendig op die verlies of beeindiging van eiendomsreg
dui nie. Wanneer dit wel ter sprake kom, is die funksie daarvan publisiteit.
In die geval van die verkryging van besit en houerskap, dien daarop gelet te word dat
die enigste vereiste is dat beheer effektief moet wees en dit word weer eens aan die
hand van verkeersmaatstawwe bepaal. Fisiese beheer word strenger omskryf vir
verkryging as vir behoud. By die beskerming van besit en houerskap is die enigste
vereiste wat gestel word dat beheer vreedsaam en ongestoord moes gewees het.
Wanneer beheer oor 'n saak verloor word, gaan dit gewoonlik gepaard met die verlies
van besit of houerskap. Die funksie van fisiese beheer is deurgaans publisiteit.
Fisiese beheer word redelik streng omskryf vir doeleindes van 'n gewone pand en
daar word gewoonlik vereis dat die pandsaak gelewer en gehou moet word vir die
vestiging en behoud van 'n pandreg. Die funksies van beheer is hier sekuriteit en
publisiteit.
Type
Doctoral Thesis
Université
University of South Africa
Lieu
Pretoria
Date
1995-10
Nb de pages
xxi-470 p.
Langue
AF
Catalogue de bibl.
uir.unisa.ac.za
Extra
Accepted: 2015-01-23T04:24:26Z
https://uir.unisa.ac.za/handle/10500/17748
Summaries in Afrikaans and English, Text in Afrikaans
Référence
Van Oosten, H. (1995). Omskrywing en funksies van die fisiese beheerelement in die sakereg [Doctoral Thesis, University of South Africa]. https://uir.unisa.ac.za/bitstream/handle/10500/17748/thesis_vanoosten_h.pdf
Thèses et Mémoires
Lien de cet enregistrement